Main Content

Voorwoord

Uit die Hoof se kantoor

Welkom by Laerskool Oranje-Noord.

Ons is ‘n gemengde Afrikaansmedium laerskool en bied ‘n tuiste aan meer as 1200 leerders vanaf Gr. RR tot Graad 7.

By Oranje-Noord glo ons nie net in wat kinders kan word nie, maar veral in wie hulle reeds in God is.

Ons sien graag elke kind na sy of haar Goddelike waarde en dit is ons voorreg en passie om hulle te begelei, te bemoedig en uit te daag om hulle volle potensiaal in ‘n geborge gebalanseerde omgewing te ontwikkel en uit te leef.