Liewe Rooibye,🐝
Wat ’n ongelooflike reis was hierdie eerste kwartaal!
Julle het uitdagings aangepak, nuwe dinge geleer en elke dag gegroei—nie net akademies nie, maar ook as mense.
Ons is trots op elkeen van julle se deursettingsvermoë en harde werk.
Onthou: Sukses is nie net die eindpunt nie, maar die moed om elke dag weer te probeer.
📖 “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” – Filippense 4:13
Mag hierdie vakansie vir julle tyd gee om te rus, te droom en nuwe kleure by julle lewenspalet te voeg.
Kom terug in Kwartaal 2 met vars energie en nog mooier skakerings van hoop!
Geniet die welverdiende breek.
Hou aan om julle wêreld in te kleur!🎨
🐝
#oranjenoord
#hardwerkende_bye_maak_heuning_van_sukses
