Woorde is te min om die trots te beskryf wat ons voel!!
‘n SUPER GROOT gelukwensing aan Phillipa Knoesen met haar ongelooflike prestasie om as NOMMER 1 in SUID-AFRIKA aangewys te word vir 0/13 Dogters Tennis! 🏆🎾
Jou harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het jou die vrugte laat pluk!
Die hele Rooibyland is ongelooflik trots op jou! 🐝
Hou aan skitter en geniet elke oomblik van hierdie welverdiende prestasie!
#hardwerkende_bye_maak_heuning_van_sukses
#oranjenoord
