Wat ‘n groot sukses!
Ons is baie trots op elke leerder wat deelgeneem het aan vanjaar se talentaand. Die aand was ‘n ware viering van talent, kreatiwiteit en harde werk. Dit verg baie deursettingsvermoë, selfdissipline en tyd. Dankie dat julle, julle talente met ons gedeel het EN dit met trots gedoen het.
Aan elke leerder, ouer en onderwyser wat deel was van hierdie aand se sukses – baie, baie dankie. Julle betrokkenheid en ondersteuning maak geleenthede soos dié moontlik en onvergeetlik.
#talent_in_oorvloed
