Die Rooibye se o/12A en die SUPERSPAR Kalahari Mall o/13A netbalmeisies het die afgelope naweek aan die finale Noord-Kaap Netballiga Uitspele deelgeneem en besonders goed presteer!
Die o/12 en o/13 spanne was onoorwonne en eindig as algehele wenners van die o/12’s en o/13’s.
Hulle is tans die heel beste o.12 & 13 netbalspan in die Noord-Kaap π₯ en gaan aan die SASN Skole Kampioenskappe te HS Pietersburg in Polokwane deelneem, vanaf 24-26 Julie 2025.
Baie geluk aan al ons netbalspeelsters en afrigters. Ons is ongelooflik trots op julle!
Baie sterkte met julle voorbereiding vir SA’S!


