Terugvoering na afloop van die SA’s Skietkompetisie.
Ons skuts het tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Skietkampioenskappe uitstekende uitslae behaal.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle se prestasies.
By die o/12 pistool-afdeling het
🐝Joubert Greyvenstein🐝 uitstekend gevaar deur 8ste uit 23 skuts te eindig. Hy was ook deel van die o/12 Noord-Kaap-pistoolspan, wat ’n derde plek in die land behaal het. Joubert het boonop ’n spesiale prys ontvang vir twee voltal (100) kaarte wat hy gedurende die kompetisie geskiet het — ’n uitsonderlike prestasie!
🐝FJ van der Colff🐝 het ook aan hierdie afdeling deelgeneem en sy persoonlike beste telling geskiet. Baie geluk met hierdie prestasie!
In die o/14 pistool-afdeling het 🐝Mariné du Rand🐝 11de geëindig uit 16 skuts en het goeie konstante skietwerk gelewer.
Die o/14 sporter-afdeling het ook sterk vertonings opgelewer.
🐝Leandi Uys🐝 het 10de geëindig.
🐝Lorika Stewart🐝 het 19de geëindig.
🐝Jasper Luttig🐝het 23ste uit 66 skuts geëindig.
Hierdie drie skuts is ook gekies om deel te wees van die o/14 Noord-Kaap-sporter span, waar hulle ’n derde plek in die land behaal het met ’n indrukwekkende totaal van 5395 punte (Slegs 35 punte agter die span wat tweede geëindig het.)
In die o/14 veer-kategorie het 🐝Daniël Davis🐝 ’n puik tweede plek behaal uit 12 skuts. Hy was ook deel van die o/14 Noord-Kaap-veerspan, wat ’n derde plek landwyd ingepalm het.
In geheel het ons sewe skuts uitstekende uitslae behaal, en ons is bitter trots op hul harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap.
Hulle het ons skool en streek met trots verteenwoordig — welgedaan aan almal!
#hardwerkende_bye_maak_heuning_van_sukses
#oranjenoord




