Netbal toer afskop te Bloemfontein vir die Itec Toernooi.
Die O/12B en O/13B spanne het gister hul toer in Bloemfontein afgeskop – en wat ’n fantastiese begin was dit nie!
Op dag een het die meisies waardevolle afrigting ontvang van twee Kovsie-spelers, met niemand minder nie as Jani Visser, ’n oud-Rooiby, wat self betrokke was. 🤩
Die energie, leergeleenthede en spanbou het sommer die toon gesit vir wat belowend ’n ongelooflike toer gaan wees!
Ons is trots op julle, meisies – hou aan ZOOM Rooibye!
#hardwerkende_bye_maak_heuning_van_sukses
#oranjenoord

