Ons het gister ‘n onvergeetlike dag gevier met koek, liedjies en herinneringe.
Ons hoof, Mnr. Sias van Rooyen, het gister verjaar en dit was ook sy laaste dag, by die skool, voor hy amptelik aftree.
Mnr. Sias se laaste dag by LON was bittersoet. Dit was gevul met liefde, baie lag, en trane. Ons is so dankbaar vir die herinneringe en lesse wat Mnr. met ons gedeel het. Mnr. sal altyd in ons harte wees.
LON wens vir Mnr. ‘n gelukkige en betekenisvolle rus saam met familie en vriende.
Dis die einde van ‘n era… want ons groet ‘n legende, Mnr. Sias van Rooyen.
🐝
Sias van Rooyen




