Laerskool Oranje-Noord se jaarlikse atletiekdag het op 31 Januarie douvoordag begin. Die dag was vol opwinding en spanbou. Met energieke geesdrif, kleurvolle spanuitrustings en gesonde kompetisie het die deelnemers hul talente ten toon gestel en gesorg vir onvergeetlike oomblikke op die baan en veld. Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het. Ons is baie trots op julle. Rooi of groen…Saam is ons MAROEN!
