Die Leerlingraad van 2025 kyk terug na ‘n pragtige dag wat hul met Erfenisdag elke persoon kon bederf het by Oranjehof ouetehuis.
🐝Tyd is gemaak.
🐝Herinneringe is geskep.
🐝Kosbare oomblikke is gedeel.
Braai – Worsrolletjies – Nagereg Mini-konsert – Kaart speletjies – Hande bederf.
Die Rooibye koester hierdie spesiale dag in hul harte!
Baie dankie aan die volgende besighede wat die Leerlingraad se hande geneem het om die dag moontlik te kon maak! Ons waardeer jul betrokkenheid by die skool.
🐝 Braaihout Upington
🐝 Diarymaid
🐝 Pick n Pay Upington
🐝 Opi Draai Slaghuis
#oranjenoord
#hardwerkende_bye_maak_heuning_van_sukses
